Hiermee ‘n aanvulling tot ons eerste artikel! Hier is deel 3!

Hiermee 6 naweek aktiwiteite, waarvan julle dalk ‘n paar kan probeer hierdie naweek!  

1. Maak Musiek

Grawe jou ou kitaar, blokfluit en simbaal uit die motorhuis. Skep musiekinstrumente met net klokkies en blikkies met klippies of rys in.

2. Maak ‘n vulkaan

Bou ‘n vulkaan uit klei of “papier-mache” met ‘n gat in die middel. Gooi twee teelepels koeksoda in die vulkaan. Gooi asyn stadig oor die koeksoda en kyk saam met jou kind(ers) hoe die vulkaan lewendig word.

3. Papierbordmaskers

Gebruik papierborde om diere of snaakse maskers te maak. Gebruik ‘n toutjie of pypskoonmaker om die masker te laat vassit aan jou kind(ers) se gesiggie(s). Dis ‘n wonderlike aktiwiteit wat help met fyn motoriese ontwikkeling en jou kind(ers) se denkbeeldige spel.

4. Papierkuns

‘Papierkuns is weer groot nuus en oral te sien. Hier is eenvoudige patrone wat jy self kan vou of vir jou kind(ers) kan leer en wys om te vou.

5. Pompoms

Jy benodig koerante, maskeerband, merker pen, glitter, krammetjiemasjien en gom en ‘n Dun stok wat by ‘n hardeware winkel gekoop kan word.

Metode:

Hier is ‘n oulike manier om van ou koerante ontslae te raak. Laat jou kind(ers) ‘n bladsy opskeur in 20 strokies oor die lengte. Vou al die strokies in die middel en kram dit saam vas. Neem die bondel strokies en plak dit aan die stok vas met maskeerband. Die kinders kan nou die pompoms versier met merkerpenne, glitter, ens.

6. Speel Boks

Neem ‘n lekker stewige kartonboks. Gee vir die kinders ou tydskrife om prentjies uit te knip. Laat elkeen nou sy of haar uitgeknipte prentjies op die boks plak.