Hiermee ‘n aanvulling tot ons eerste artikel! Hier is deel 2! Ons almal weet hoe lekker dit is om as ‘n familie aktiwiteite saam te doen. Gesinne wat alledaagse aktiwiteite saam deel, vorm sterk, emosionele bande. Studies het bevind dat gesinne wat saam groepaktiwiteite geniet, ‘n sterker emosionele band deel, sowel as die vermoë om goed aan te pas by situasies as ‘n gesin.

Die lewe is besig, veral vir ouers en gesinne. Kinders wat meer kwaliteit-tyd saam met hul gesinne spandeer, neem minder kans aan riskante gedrag soos dwelm- en alkoholgebruik. As u, u kinders wys dat u lief is vir hulle, help julle hulle geestelik en emosioneel sterk te hou.

Hiermee 6 naweek aktiwiteite, waarvan julle dalk ‘n paar kan probeer hierdie naweek!  

1. Gewrigsklokkies

Gebruik lint wat lekker styf pas vir elke gewrig, maar nie te styf. Ryg dan 2 tot 4 klokkies aan. Plaas om jou kind(ers) se gewrig. Nou is hy/sy gereed om saam musiek te maak.

2. Hoola Hoop

Krap daardie ou “Hoola hoop” uit die kas en laat jou kind(ers) begin heupies swaai.

3. Inkleur

Laat jou kind(ers) gereeld inkleur. Dit help met hul fynmotoriese ontwikkeling.

4. Kampeer tuis

‘n Tent onder die kombuistafel of in die sitkamer wat met stoele, komberse en tafels gepak is, is vet pret en kos niks. Maak dit ‘n fees en gaan “kuier” in die tent met eetgoed. ‘n Tent in die tuin is net soveel pret en kan soos ‘n vakansie by die huis laat voel.

5. Lees vir jou kind(ers) stories

Kweek ‘n liefde vir lees van ‘n vroeë ouderdom by jou kind(ers) deur om gereeld stories vir hom/haar te lees. Sien ons artikel oor hoe om jou kind tte kry om lief te word vir lees, hier.

6. Legkaarte

Bou verskillede hoeveelhede legkaarte saam met jou kind(ers). Vanaf 4 jaar kan jou kind eksperimenteer met 20 en meer stukke legkaarte.