Ons almal weet hoe lekker dit is om as ‘n familie aktiwiteite saam te doen. Gesinne wat alledaagse aktiwiteite saam deel, vorm sterk, emosionele bande. Studies het bevind dat gesinne wat saam groepaktiwiteite geniet, ‘n sterker emosionele band deel, sowel as die vermoë om goed aan te pas by situasies as ‘n gesin.

Die lewe is besig, veral vir ouers en gesinne. Kinders wat meer kwaliteit-tyd saam met hul gesinne spandeer, neem minder kans aan riskante gedrag soos dwelm- en alkoholgebruik. As u, u kinders wys dat u lief is vir hulle, help julle hulle geestelik en emosioneel sterk te hou.

Hiermee 6 naweek aktiwiteite, waarvan julle dalk ‘n paar kan probeer hierdie naweek!  

 

1. Bak

Bak koekies saam met jou kind. Laat hul vingertjies die verskillende teksture, bv. meel, botter en suiker voel. Onthou die versiering is die lekkerste deel terwyl jul saam bak en brou.

 

2. Blaas borrels

Kinders is mal hieroor. Die botteltjies is redelik goedkoop. As dit op is, meng skottelgoedseep met water en gooi dan in die houertjies.

 

3. Besoek jou plaaslike biblioteek

Neem boeke uit en bevorder so ‘n leeskultuur by jou kind(ers).

 

4. Boontjieratels / Boontjierammelaars

Jy benodig ‘n klein plastiekbottel, droë ertjies, boontjies/lensels en gom. Maak die plastiekbottel omtrent driekwart vol met boontjies/lensels. Smeer die doppie vol gom en draai dan vas. Laat die gom deeglik droog raak. Nou is jou kind(ers) gereed om lekker musiek te maak.

 

5. Collages: Ou tydskrifte

Kies ‘n tema en laat jou kind(ers) wegval om prentjies te begin soek. Temas soos diere, familie, gesigte, gesonde kos, plaasdiere of vervoer kan gebruik word. Sodra julle al die prentjies bymekaar het; beplan hoeveel prente julle op die karton wil plak en waar om dit te plak. Nou is dit tyd om die gom uit te haal en lekker te begin lek en plak.  

 

6. Diereposisies of vriesspeletjie

Jy kan die speletjie met of sonder musiek speel. Kies ‘n dier en sê: “Dans soos ‘n flamink”. Sê na ‘n rukkie: “Vries”. Probeer nou ‘n ander dier. Onthou om diere te kies met groot verskeidenheid bewegings soos, dinosourus, apies, olifante, paddas en slange. Hierdie aktiwiteite help die kinders om te luister na instruksies en hulle kreatiewe geheues te gebruik.